![]() |
![]() |
Die
kombidrywer kry 'n spoedkaartjie van die verkeerskonstabel. 'Wat
moet ek hiermee doen?' vra hy neerhalend. 'Hou dit', antwoord die
verkeerskonstabel, 'As jy vier het, dan kry jy 'n fiets.'
Die
eerste dag op skool gee Jannie 'n briefie vir sy juffrou. Daarin staan:
'Die opinies uitgespreek deur hierdie kind is nie noodwendig dié van sy
ouers nie.'
Twee
dronkies word betrap in 'n sneeustorm in die Alpe. Net toe
hulle begin wegdryf in 'n koma, kom 'n St Bernard-hond met 'n
vaatjie om sy nek deur die sneeu aangestap. 'Hier kom die mens
se beste vriend!' roep die eerste dronkie verlig. 'Ja!' beaam die
tweede dronkie, 'en kyk net die reuse hond wat dit dra!'
Regter
aan getuie: 'Mevrou, as u steeds aanhou weier om u
ouderdom bekend te maak, gaan ek die gehoor vra om dit te skat!'
Kallie
besoek vir Mike in die hospitaal, waar dié soos 'n mummie in
verbande toegewikkel sit. 'Ou Mike, wat het met jou gebeur?' wil
Kallie weet. 'Ag, Kallie man, ek was laas naweek saam met die
familie by 'n museum met 'n ou meule. Die gids het vir ons gesê
om nie ons koppe by die venstertjie uit te steek nie, want die meul
se vier spane kom daar verby. En ek het hulle goed getel, die
eerste, die tweede, die derde, die vierde... en toe ek my kop
uitsteek is daar sowaar 'n vyfde!'
Die
Quantas-vliegtuig land al stampende. Die lugwaardin aan passasiers:
'Ons versoek passasiers om te bly sit terwyl Kaptein Kangaroo gou met
ons na die terminaal toe hop.'
Lugwaardin: 'Die sitplekke van die stoele kan gebruik word as
dryfkussings. In geval van 'n landing op water, gebruik asb. u kussing met
komplimente van ons redery.'
Die vlieenier se mikrofoon is per ongeluk aangeskakel tydens die landing,
en die passagiers hoor hoe hy sê: 'STOP, ou Grote, toe, STOP nou!'
Arende sweef wel hoog, maar hoenders
word nie in vliegtuigenjins
ingesuig nie....
'Hy
het al die deugde waarvan ek nie hou nie en geeneen van die
stoutighede wat ek bewonder nie'. - Winston Churchill.
Depressie is woede sonder entoesiasme.
'n Jong diplomaat uit Suid-Afrika is ná die Falklandoorlog na Argentinië
gestuur. Hy het 'n bietjie te veel gedrink by 'n formele dineedans. Sy oog
het op 'n lang, purper aandrok geval. Hy stap toe en vra: 'Sal jy my die eer
aandoen om die Weense wals met my te dans?'
Hy kry toe 'n baie kil
antwoord.
'Daar is drie redes waarom ek nie met jou sal dans nie.'
'Ten
eerste het jy blykbaar te veel gedrink.' 'Ten tweede speel die orkes
nie
'n Weense wals nie - dit is die Argentynse
volkslied.' 'En ten derde. Ek is die Aartsbiskop van Buenos Aires.'
'n Nuwe popgroep noem hulleself toe die
'ANC Guns'. Maar toe hulle
'n bietjie nadink oor die naam, toe besluit hulle hulle wil nie met misdaad
geassosieer word nie. Toe noem hulle hulleself net die 'Guns'.
'n Belastingbetaler is iemand wat vir die Federale Regering werk maar wat
nie die staatsdienseksamen hoef te doen nie. - Ronald Reagan
Daar is mense in hierdie wêreld wat nie hulle medemense liefhet nie, en
ek verpes sulke mense. - Tom Lehrer
Die sensusopnemer kom by 'n ou dame wat al die vrae gewillig
beantwoord, maar sy weier volstrek om haar ouderdom te gee. Die
sensusopnemer vra mooi, maar sy weier. 'Het die Bergh-susters langsaan
hulle ouderdomme vir jou gegee?' 'Ja,' sê die sensusopnemer. 'Nou
goed,' sê die ou dame, 'ek is net so oud soos hulle. Skryf dit neer.' Toe
skryf die sensusopnemer maar: 'So oud soos die Berge.'
'Hoeveel kos hierdie das?' vra die klant in 'n vername klerewinkel. 'Twee
honderd rand Meneer' sê die verkoopsman. 'Wat?? Daarmee kan ek 'n
paar skoene koop!' sê die klant. 'Ja Meneer' is die antwoord, 'maar hoe
sal 'n paar skoene om Meneer se nek lyk?'
Die dominee is baie vies vir sy vrou wat al weer 'n stywe bedrag op 'n
nuwe rok uitgegee het. Vol berou beduie sy dat dit die satan moes wees
wat haar verlei het. 'Hoekom het jy nie hard 'Wyk Satan!' gesê toe jy sien
wat hy probeer doen nie?' vra die dominee. 'Ek het,' sê sy, 'maar toe gaan
staan hy agter my en fluister oor my skouer: 'van agter sit die rok éérs
mooi!'
'n Suid-Afrikaner op besoek aan Jerusalem het moeite gehad om die
taxibestuurder te laat verstaan dat hy na die klaagmuur wil gaan kyk. Ten
einde besluit hy om te beduie dat dit die plek is waar mense staan en
huil.
Toe laai die ou hom voor die belastinggaarder se kantore af...
Pasiënt aan dokter: 'Dokter, ek is besig om my geheue te verloor! Wat
moet ek doen?' Dokter: 'Betaal my vooruit, asb.!'
Spreker by moraliteitsklas vir SA regeringsamptenare: 'Het enige van
julle
ooit 'n 'botsing van belange' beleef?' Lid van die gehoor: 'Ja, net
verlede
week nog. Ek kon nie besluit aan wie ek 'n staatskontrak moes toeken nie:
my OOM se konstruksiemaatskappy, of my BROER se
konstruksiemaatskappy nie.' Spreker: 'En wat het jy toe gedoen?'
Lid van
gehoor: 'Ek het toe maar besluit om 'n buite-maatskappy te gebruik.'
Spreker: 'Mooi so!' Lid van gehoor: 'Ja, want hulle het my 'n BMW gegee.'
Wysheid:
'n Woordewisseling gaan daaroor dat jy wil aantoon dat die ander een
verkeerd is. En dit sou sinneloos wees om dit te probeer doen as beide
partye nie 'n soort ooreenkoms het oor wat Reg en Verkeerd is nie. - C.S.
Lewis
Met moeite sleep die brandweerman die dronk kêrel uit die
brandende gebou. Buite gekom vra hy aan die dronkaard:
'Het jy enige idee hoe die brand ontstaan het?' Waarop die
dronkaard antwoord: 'Geen idee, toe ek binnetoe gegaan het was
dit al klaar aan die brand!'
Pres. Mbeki hardloop een oggend langs 'n rivier. Sy voet gly en hy
val in die rivier. Drie wit seuns wat daar naby staan, hardloop en
trek hom uit . Mbeki sê: ' Julle het so pas die president van Suid-
Afrika gered. Vra wat julle wil en julle het dit.' Die eerste seun sê hy
wil 'n nuwe fiets hê en Mbeki sê hy het dit. Die tweede seun seun hy
wil 'n rekenaar hê en Mbeki sê dit is reg. Die derde seun sê hy wil
'n rystoel met 'n stereo radio hê. Mbeki sê: ' Dit is reg jy he..., maar
jy makeer niks!' Die seun sê: 'Wel, ek gaan iets makeer as my pa
uitvind wie ek gered het.'
'n Volk is 'n gemeenskap wat verenig word deur 'n delusie oor hulle
afkoms en deur 'n gemeenskaplike haat vir hulle bure.
William
Ralph Inge 1860 - 1954
Een man kuiert tussen de rekken van de bibliotheek. Na enig
zoekwerk spreekt hij de bibliothecaris aan. 'Dag meneer', zegt hij,
'ik ben op zoek naar een spannende detectiveroman'. De
bibliothecaris pakt een boek uit een van de rekken en zegt: 'Dan
kan ik u dit boek aanraden, meneer. Het is pas op de allerlaatste
pagina dat je te weten komt dat de tuinier de moordenaar is.'
In het postkantoor. Postbeambte tegen klant: 'Er moet nog een
postzegel bij. De brief is te zwaar.' Klant: 'En met een extra
postzegel wordt hij lichter, zeker?'
Twee anties van Mitchell's Plain soek in 'n winkel in Westgate Mall
vir 'n persentjie vir hulle nefie. Hulle besluit op 'n stel
sakdoeke
met sy voorletter op. Hulle vra vir die assistent of sy sakdoeke
met
'n 'E' op het. Jammer, sê sy, hulle het amper al die letters in
voorraad behalwe E. Teleurgesteld stap hulle weg.
Die assistent
hoor hoe die een vir die ander sê: 'Nou wat gat os NOU vir Endrew
gie vir sy birfday?'
Jannie
is 'n bietjie lastig en sy oupa sê as jy al die erdwurms wat na
die reën uitgekom het terugdruk in die gaatjies, dan gee Oupa jou
10c vir elke wurm wat jy terugsit. Jannie sukkel so 'n rukkie toe
gaan sit sy oupa op die stoep. Na 'n rukkie kom Jannie
daar aan
en sê Oupa, ek het 10 wurmpies terug in die grond gesit. Oupa
glo dit nie en wil gaan kyk hoe Jannie dit regkry. Daar vat Jennie
toe Ouma se haarsproei, spuit die wurmpie daarmee en druk dit
dan in die gaatjies. Die volgende oggend stop Oupa 'n R10 in
Jannie se hand. .. .
Mike
val in 'n ou uitgediende mynskag af met 'n groot gedonder en
gedruis. Ewe bekommerd roep Kallie van daar bo af: 'Mike, het
jy
iets gebreek?' Kom die antwoord: 'Nee, hier is niks hier onder om
te breek nie!
Dit is beter om in die skaduwee van 'n boom te sit en stry oor die
geld as om in die warm son daarvoor te werk.
Tuinmaak: Om vas te stel of 'n plant 'n onkruid of iets duursaam is,
trek aan die plant. As dit maklik uit die grond uit kom - was
dit 'n
duursame plant.
Tekens wat wys jy is volwasse:
Koos
ry van Transvaal af vir 'n vakansie aan die Suidkus. Verby
Harrismith sien hy 'n groot kennisgewing by een van die garages:
LAASTE KANS OM JOU TENK VOL TE MAAK @ R4.80 'N
LITER! Koos besluit om maar stil te hou en sy tenk vol te maak.
Toe sy tenk vol is, vra hy vir die joggie: 'Nou sê my, hoeveel kos
petrol 'n liter daar in Natal?' 'R4.60 Meneer' antwoord die joggie.
Die blondine moes soggens agtuur op kantoor wees, maar dit was
'n uitsondering as dit gebeur. Een oggend daag sy eers om tienuur
op. Haar baas was al lekker vies oor die laatkommery. 'Jy moes
agtuur hier gewees het!' snou hy haar toe toe sy instap. 'Regtig?'
vra sy. 'Wat het gebeur?'
'n Man met 'n boepie en 'n bier sit op Kingspark tussen 65 duisend
ander toeskouers. Skielik skree 'n man so ses rye agter hom:
'Koos!' Die man voor staan op, draai om, kyk rond en gaan weer
sit. Vir 'n tweede keer skree die agterste man weer: 'Koos!' Die
kêrel voor staan weer op, draai om, kyk langer rond en gaan sit.
Toe die agterste ou weer 'Koos!' skree, kan die voorste ou dit nie
meer hou nie. Hy staan vinnig op, draai vinnig om en skree terug:
'Hou op om my Koos te noem. My naam is Piet van Potch!'
Die redakteur van 'n plattelandse nuusblad met min nuuswaardige
gebeurtenisse om oor te skryf het net ná die storm gehoor dat 'n
kragpaal in die hoofstraat omgewaai het. Hy besluit om sy enigste
twee verslaggewers op die storie te sit. 'Hulle kon nie vir my sê of
die elektriese kabel nog lewendig is of nie. So wat ek wil hê, is dat
een van julle vir my aan daardie kabel raak en die ander een skryf
dan vir my die storie.'
Mike staan op die sypaadjie toe hy skielik 'n motor sien verbykom,
maar daar is niemand in die bestuurdersitplek nie. Hy hardloop
nader, maak die deur oop, spring in en skop die briekpedaal. Net
toe kom Kallie op die toneel. 'Wel., ou Kallie, ek het hom gestop
gekry,' sê Mike trots. 'Ja ek weet,' sê Kallie. 'En ek was besig om
hom te stoot.'
Dominee: 'Koos is jy al voorgestel?' Koos: 'Nee, maar my naam
is Koos van der Merwe.' Dominee: 'Nee, ek bedoel is jy al
aangeneem?' Koos: 'Nee, Dominee albei my ouers leef
nog.'
Die man kom by die huis en kry sy blonde vrou bewusteloos voor
die TV. Na 'n groot gesukkel kry hy haar uiteindelik by. 'Wat het
gebeur?' vra hy. ' Ek was besig om aerobiese oefeninge voor die
TV te doen. Die instrukteur het gesê, asem in, asem uit..,' en toe
gaan die krag af.'
Onnie: 'Jannie hoekom was jy nie gister by die skool nie?'
Jannie:
' Ek weet nie, Meneer. Ek het nog nie my ma se
verskoningsbriefie gelees nie.'
Woede is 'n toestand waar die tong vinniger werk as die brein...
'n Mens se liggaam kompenseer altyd vir 'n gebrek wat jy mag hê.
Byvoorbeeld: As jy nie goed kan sien nie, HOOR jy beter. En: As 'n
mens se een been korter is, is die ander been altyd langer.
Fiksie:
Die blondine gaan saam op 'n toer na die Nasionale Park. Die gids
laat die groep sien waar daar redelik onlangs fossiele van
dinousaurusse gevind is. Waarop die blondine uitroep: ''n Mens
kan byna nie glo dat die dinousaurusse so naby die besige pad
sou rondloop nie!'
'n Jong mamma neem haar stout seuntjie saam dokter toe. Terwyl
die dokter met die mamma besig is, begin die mannetjie bottels
oopdraai, daaraan ruik en sommige te laat stukkend val. 'Hoop nie
Jannie is lastig nie', sê die mamma naderhand. 'Nee wat,' sê die
dokter, 'hy sal nou-nou rustiger raak wanneer hy aan die
narkosebotteltjies begin ruik...'
'n Paar werkers van 'n Suid-Afrikaanse matfirma is besig om 'n mat
te lê in 'n deftige huis. Toe hulle die mat feitlik klaar gelê het, sien
Koos dat daar 'n bultjie reg in die middel van die mat is. Koos voel
in sy sak... en jou werklik, sy pakkie sigarette is weg. Hy besluit die
beste oplossing is om die rubberhamer te vat en die pakkie pap te
slaan. Hy maak so. Net toe kom die dame van die huis in:
'Ek het
vir julle tee gebring, julle is seker al dors. En Meneer, jy het jou
pakkie sigarette in die kombuis vergeet. En ook Menere, my
seuntjie se witmuis is nêrens te sien nie. Sal julle asseblief vir hom
uitkyk?'
'n Galei vol slawe meer vas in die natuurlike hawe van 'n klein
eilandjie. Die slawe is maar net te bly om hul roeispane te kan
neersit, na weke van swoeg en sweet op die oop see. Die
stuurman kom in om 'n aankondiging te maak: 'Manne, ek het
goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is, ons is klaar met roei vir
vandag. Ons gaan 'n wildevark braai en sommer baie rum drink.
Die slegte nuus is, die kaptein wil more gaan waterski...'
Die blondine loop laat een aand by 'n hotel verby. Daar is 'n
kennisgewing: 'Lui klokkie vir die nagportier'. Sy druk die knoppie
en hoor 'n klokkie iewers lui. Na nog 'n paar keer se druk van die
klokkie kom 'n ou man aangestap, sluit die deur en
veiligheidheidshek oop, en vra:' Wat kan ek vir u doen?' 'Wel,' sê
die blondine, 'jy kan vir my sê hoekom jy nie self die klokkie kan lui
nie?'
Met dank aan: http://www.geocities.com/grieselg